Twee jaar later raak ek in ‘n nuwe genré betrokke, TV – by die betaallkanaal KykNet. Hierby was ek die Skrywer-skepper, mede-vervaardiger as-ook aanbieder van die 13-episode Dokumentêr - Agter die Mynhoop. Hierdie televisie program van my is die mees uitgesaaide dokumentêre produksie in die 10-jarige bestaan van Kyk-Net en dit handel oor die leefwyse, die kultuur van die Bruingemeenskap. Die “soet-en-die-suur” van oz gemeenskap word in hierdie dokumentêr uitgebeeld.

Daarna skryf ek die 1-uur Kersprogram – Krismis in Reiger Park waarvan ek die aanbieder as-ook medevervaardeiger is. Dit het gehandel oor die nadelige effekte van die Gedwonge Groot Verskuiwings van die vorige regime en hoedat dit die ontworteling van gevestigde gemeenskappe van sosialewaardes ontneem het en hoedat hulle byv. huidiglik poog om geloof en selfrespek te herkweek in ons samelewing

Dan in die jaar 2003 debuteer my tweede drama-komedie - Oz pêl Gatiepie gaat visvang - by die KKNK en K. A. T. voer ook hierdie produksie op by die S. A. State Theatre - Wits Amphi-Teater - Gariep Kunstefees - Khalahari Kuierfees, Sterrewag Teater en baie ander teaters landswyd.
 
In 2004 met die verkiesings in ons land debuteer my derde “Gatiepie–drama” weereens doer in die Karoo met die titel - Erections 2004 – vote vir Gatiepie. As komediant en my       “ poetic license” in my kous was dit groot pret on van die regering en sy amptenare “ Gat-te-Vat “ op’ie verhoog.

‘n Jaar later was ek deur die organiseerders deur die Chainouqua Kunstefees te Worcester  - ‘n nuwe kunstefees - genader om hulle fees te open met een van my produksies. Ek het ‘n verwerking van my drama  ‘”Vote vir Gatiepie” gedoen en K. A. T. open toe daai fees met die produksie - Gatiepie word President.

My huidige Drama-komedie – Gatiepie sien “Vrou-spoke” het gedebuteer by die South African State Theatre te Pretoria in Nov-2005 en oz is hierna Karoo toe waar ons soos gewoonlik vol sale getrek het met ons opvoerings by die KKNK-2006.

Ons, K.A.T. Kopdoekie-Afrikaans en Teater is toe in November 2006 Namibia toe met bogenoemde produksie.

Raai wat K. A. T. het ‘n OORSPRONKLIKE AFRIKAANSE PRODUKSIE oor die grense gevat. Dit was vir ons ‘n groot ëer om by die NTN – National Theatre Namibia op te tree. Ons het Windhoek aan die brand gespeel, glo vi’ my ! Lees asseblief K.A.T. se eerste internasionale resensie/ review - kliek hier vir die inligting.

Ons drama-geselskap het die jaar 2006 afgesluit met bogenoemde skets by die grootste teater op die Afrika vasteland, The South African State Theatre.

Oz het die jaar 2007 in’ie Mooie Kaap by die ARTScape Theatre ( Ou-Nico Malan Teater ) met ‘n verwerkte Gatiepie sien Vrou-spoke op’ie planke gewees.

Die Pioneer Skool vir Blindes ( gestig 1881 ) het een van oz opvoerings bygewoon . . . wat ‘n eer en wat ‘n nostalgiese aand. n Emosionele, mees inspirerendste - betekenisvolle en mooiste aand nog in my teater loopbaan.


Op die 18 en 19-de Augustes 07 het oz K.A.T hierdie produksie in Worcester opgevoer. Alles finansiële bates was vir hierdie skool. Ek is huidiglik besig om ‘n Verhoogdrama vir die Pioneer Skool vir Blindes te skryf. Die title heet – Steek aan die Kers.

Gedurende Oktobermaand ‘07 het ons vir twee weke - Gatiepie sien Vrou-spoke - by Carnival City Casino in die Mardi Gras Theatre opgevoer.

My nuwe Produksie heet – Gatiepie kry ‘n Baby . . . dit debuteeer in 2009 by Carnival City Casino en oz het onlangs vanaf Maart tot April 2010 in die ARENA THEATRE by die ArtsCape Theatre in die Kaap opgetree en be-oog om by die volgende ABSA-KKNK 2011 vir julle met komedie uit die boonste rakke te vermaak want as Gatiepie nie vir jou kan laat lag nie. . . wie kan ?

Oor die jare heen het oz drama-Gesesskap die - KOPDOEKIE-AFRIKAANS & TEATER – soos Gatiepie met as sy kaskenades letterlik en figuurlik gesproke oz gatte gesien, met ander woorde “die soet-en’ie-suur” van drama binne die verhooglewe beleef. Dit was kosbare groeipyne, glo vi’ my.

Die mensdom sien gelukkig net die glorie van die vermaaklikheiswêreld, die musiek, spesiale effekte, . . .tog, agter daai selfde skerms word daar bloed gesweet om dan moet ‘n kunstenaar nog op LIEFDE & FRESH AIR survive ôk, maar die PASSION vir’ie ARTS dra jou Big Time.ek sê, Big Time !

Dankie aan al die talentvolle aktrisse wat oor die dekades die rol van Gtiepie se hou-vrou Fatima vertolk het in my 6-Gatiepie-komedies. Spesiale dank aan Leonard Petersen wat die rol van Makriel “Skinny” Windvogel gespeel en saam gelag en gehuil het. Awêh! my broe’tjie. My sound engineer Lerato Maruping, jy toor met klank my brá, jy’s Magic, SALOET!

Mense hier’s my track record op’ie tiewie alles in kleurvolle Afrikaans, lekke’ ge-spice.

KykNet se 1-uur Movies op kanaal 145 ONS STORIES uitgesaai tussen 2014 en 2015

Die talentvolle en ervare vervaardiger Liza de Villiers gee gestalte aan die dinamiese ONS STORIES reeks by KykNet kanaal 145 met reuse sukses. Sy het in haar werktoere deur Nigeria en Kenya waargeneem dat mense baie graag hul eie stories op’ie skerme wil sien. Sy het aangevra vir ware stories vanuit oz gemeenskappe landswyd. Tekse vanuit die oz Coloured Community stroom toe in en word na 1-uur movies toe verwerk vir Kyknet & Kie deur die hoogs bekwame en veelsydige aktrise Henriëtta Gryffenberg daar benewens ook hoofkrywer.

Die res is geskiedenis.

Hier onderaan is van my stories en bydrae in die reeks ONS STORIES.

In die fliek – SKRIKKELJAAR – vertolk / speel ek die rol van Steve die Bergie / Boemelaar. Dis ‘n verhaal van Oz Mense waarin ek ( Steve die Bergie – AS VADER ) namens die skrywer my hand in eie boesem steek. “Wanne’r gaat oz as Vaders ons volwaardige plek as ouer in die huisgesin inneem en die rol as PA volkome uitleef ? Ek haal die skrywer met eer en respek aan “ Oz is ‘n gemeenskap groot gemaak deur vroumense”.. . .ek stem saam !

In die Movie - BELY EN LAAT STAAN – vertolk /speel ek die rol van O’m Basie . . . met ‘n liefde vir’ie “ nektaar van die Gode, ” en is ‘n doring in die vlees van die skynheilige-skinderbek kerksisters wat in hulle hoedanigheid weer ‘n doring in die vlees van die gemeente as-ook samelewing is.

Hospitaal op Horings is komedie met ‘n boodskap oor “bra-skap” en op watter negatiewe wyse “ bra-skap” onse huwelike, oz Coloureds se lifestyle beïnvloed Jou beste tjômmie is elke liewe dag die laaitie in “jou movie” . . . JOU LEWE, jou bra & brasse kom eerste; hoe ver onder op jou lysie is jou gesin brá ?

ONS STORIES II – KykNet !

In die movie “ AMOK” vertolk ek die rol van Witbooi die kneg op’ie plaas. ‘n Verhaal baie, baie relevant tot vandag se grondkwessies in ons land. Alhoewel die “kneg” op die einde van die verhaal as die ware “eienaar” uitgewys word - seevier versoening. Ek het hierdie uitdagende rol baie, bie, baie geniet, dankie aan die mede akteurs, julle was awesome gewees.

E-TV

Ek was ook die aanbieder en skrywer van E-TV se reeks ‘Kasie my ‘kasie wat handel oor Reiger Park en sy kleurvolle gemeenskap.

By-the-way, ek skryf GAGS vir’ie alombekende house hold name - Leon Schuster. Hier is van die gags waarop ek dêm trots voel.

Die GROOT GAG waarby Leon Schusterin sy movie “ Your Country Needs You “ ‘n hele gemeenskap uitvang of “ gebottel word” soos oz in’ie ‘Kasie sal sê. In hierdie Gag druk Leon sommer die prop ôk nog op’ie bottel. . . . welgedaan Leon ! Die skryf en geheime beplanning van die Gag het so 5-weeke geneem. O-ja en dan was ek die akteur, eintlik die bliksem wat die gemeenskap moes kwaad maak en goed opstook sodat hulle maklik hulle fuses kon blaas wanneer Leon op’ie verhoog klim om sy rioolstorie te bemark.

Met die nuwe Schuster movie “ SCHUKS ! Pay back the money “skryf ek ook GAGS, soos byvoorbeeld die Bottelstoor Gag waar die “Nuwe Drank Wet “ toegepas word oor die toelaatbare persentasie drank per persoon waar arme ou Leon DIS-NIS geklap word, sy kakebeen word skoon van sy gesig afgeklap deur daai dame sonder ‘n reverse gear en met ‘n short fuse het. Sôrrie Leon my broe’tjie-my-bra maar jy het ten minste bevoorreg om die milkyway gedurende die dag te sien, nie waar’ie ?

O-ja, amper vergeet, die legendariese André Scholts ook ‘n vervaardiger van die - Schuster Movies – vir my gevra om vir hom ‘n paar Gags te skrywe vir ‘n Candid Camera Movie – RAINBOW SKELLUMS – www.rainbowskellums.com. Trots om te meld het ek toe ôk ‘n rol as een van die “3—skellums” in’ie fliek gekry waarin ek van my eie Gags toe vertolk het.

Hierdie rolprent het landswyd gedurende Desembermaand in al die Sterkinekor Teaters gedraai.

BRAILORAMA TYDSKRIF vir Blindes.

Ek het ook smaails en laggies op’ie gesigte van ons blindes gebring toe my boek “ Gatiepie se Groot Grapboek” in die BRAILORAMA Tydskrif vir blindes verskyn het.
Gatiepie WENK:- laggies is stres medisyne en dit jou ‘n mens jonk en gesond !

Ek’s bekommerd oor ons jeug, meeste van hulle – HULLE LEES NIE MEER NIE - vandag kan jy net ‘n knoppie op jou selfoun druk om ENIGE onderwerp onder die son na te slaan, MAAR Ai ! . . . Oz moet daarna strewe deur kennis in te win en om sodoende dan ons leefwyse te verbeter. Ek is trots op’ie kin’ers wat lief is vir hulself, die jeug met SELFRESPEK; oz vooruitstrewende jongmense.

Almal kan nie vir dokters, regsgeleerders of vir ‘n spietkop gaan leer nie, iemand moet kan huise verfen paaie bou, tuindienste lewer, die sport wêreld betree of gaan visvang en jou land met trots as Protea verteenwoordig terwyl jy droomverlore oor’ie waters staar.

ELKEEN van ons het ‘n talent . . LEEF DIT UIT ! ! ! DROOM GROOT ! ! !

Neem Kennis, Breyten Breytenbach se “ DAAR IS GEEN VERSKONING VIR ONKUNDE NIE”. . . ek stem volkome saam.

Aan al die ARTIST op oz planeet.- KNAK-‘N-KNIE !

Keep Smiling. ( ek’s haasbek )

Met Groot Respek.

Kevin Athol Ehrenreich.

ja pêl, ek’s die GROOT K. A. T. van Kopdoekie-Afrikaans & Teater.

Gesaain:- Gatiepie

Aan al die important mense wat in die background operate – family, vrinne, skollies, tjômmies, people from all walks of life – wie verantwoordelik was en is’ vir’ie moral support - Thanks Big Time - Baie Dankie nê. Awê!

Aan die Skepper alle eer !

 
Tuisblad / GATIEPIE ! || Resensies / Reviews | Teater / Theatre | Flieks / Movies
International Review / Resensie | English version / GATIEPIE !

Kopiereg 2012 © Gatiepie | Alle regte gereserveer

Ontwikkel en ontwerp deur Tulip Graphics