GATIEPIE:

Hy's 'n Middeljarige karakter wat al van toentertyd met die slawetydperk sy mense om vuurtjies vermaak het met grappige Gatiepie-sketse, musiek en ware spookstories. Soos die Highlander is Gatiepie IS vir ALTYD en nog 'n dag. Die skinderbek-anties reken hy's baie glad met die bek. " 'n real charmer " tog fluister hulle ... dat Gatiepie allergies is vir werk.

Tog volgens hom en sy " boesem vrinne " is hy 'n international salesman is wat yskaste aan die Eskomos verkoop en sy sales het alweer opgeskiet . . . Hy het 'n hou-vrou en haar naam is Fatima. Dan word daar gefluister van 'n " skelmpie " - sy Sparewheel soe's oz sal sê , en haar naam is Rosie. NEE, Gatiepie knyp nie die kat in die donker nie, hy hou net van sy brood gebotter aan altwee kante.



FATIMA: (kortliks net 'TIEMA)

Sy's 'n perfectionist en Gatiepie woon al vir jare saam met haar. Fatima is die broodwinner en dit beteken in oz community dat hy eintlik Fatima se "handbag" is. Maar wat die macho Gatiepie se image betref woon sy by hom en nie andersom nie ? ? ?

Fatima is 'n garment worker van formaat wat met 'n naaimasjien en gare aan enige lappie vorm kan gee. Sy's baie cheeky, so moet'ie vi' haar krap waar sy nie juk nie, oukei. Sy't ôk'ie 'n reverse gear nie en 'n dêm kort fuse.


MAKRIEL: (bynaam/spotnaam is SKINNY)

Op skool Makriel Windvogel en hy's Gatiepie se boesemvriend. Die mense sê hy's Gatiepie se skaduwee. Hy aanbid die grond waarop sy vrind loop en raak kwaad is enige persoon iets slegs van Gatiepie kwytraak. Tog beweer hy dat Gatiepie op jellie staan elkekeer as Fatima skel.

Makriel het een groot swakpunt - hy praat alewig voordat hy dink en dan wonder hy hoekom sy maats hom keer-op-keer wil afstof, panelbeat as hulle vir hom in die straat raakloop. Makriel het verkies om voëltjies met kêtties in die bos te skiet en in die spruitjie te vis terwyl sy maats skool gegaan het. Tog is hy 'n backyard mechanic van formaat. Hy woon in 'n Pienk Caravan agter op sy ouers se werf. Hierdie yard is vol scrap-karre.

SHAKESPEARE:

Hy's die ander punt van hierdie baie hegte driehoekige vriendskap Shakespeare het sy eie groentestalletjie oorkant die taxi-rank by die ingang van die flats. Hy fluit, 'n wolffluitjie elkekeer as 'n mannetjieswind aan 'n skirt pluk en kant frilletjie wys of as die divorsies met hulle tight bicycle shorts verby sy stalletjie parade. Hulle sê sulke mans is katools en kort net 'n goeie vroue-pakslae, dis al.

Dwarrelwindjies waai gereeld letterlik as-ook figuurlik in die omgewing van sy stalletjie rond, 'n kenmerk van'ie Kaapse Vlaktes, nie waar'ie ...

ROSIE:

Rosie is vooruitstrewend, agterbaks en glad gepleister (of soos hulle in Akademiese Afrikaans sal sê -Sy's welgeskape - in Engels, a figure eight.
 
***********************************************
 

Gatiepie Baby

2009 Produksie: Gatiepie kry 'n Baby . . .

Mardi Gras Theatre - Carnival City Casino - 22 April tot 3 Mei 2009

As Gatiepie nie vi' jou kan laat lag nie, . . . wie kan ?
'n Komedie vir die hele Gesin

 

Ek sê mense, oz drie Boeshies kô vir julle mesmeraais met Afrkaanse sê-goeters van'ie Cape Flats net soe's oz'it kan gooi……..vibrant & lekke' gespice en glo my, . . sonder enige vloekwoorde.
Gatiepie woon by sy hou-vrou Fatima sy hart-se-punt MAAR dan het hy stilletjies ook nog 'n "spaarwiel " 'n "sexy skelmpie" en haar naam is Rosie. Makriel, Gatiepie se sidekick praat alewig voordat hy dink en so word die kat - of is dit nou die baba - uit die sak gelaat
Fatima likes vir Gatiepie stukkend en sy sê hy is haar' property. Sy't 'n kort fuse en geen reverse gear nie. Vra maar vi' Gatiepie.
" Ek wil weet WIE se baba is dit hierdie……want ek was nooit pregnant gewees'ie ? "
Gatiepie: " Ek ôk nie "
. . . DAN RAAK DIT STADIG NAG op die Kaapse Vlaktes waar Shakespeare die groentesmous sy groentestalletjie elkedag fluit-fluit opslaan.

Met: Charmaine Hess, Leonard Petersen & Kevin Ehrenreich

 

***********************************************

"Gatiepie en’ie trotse kin’ers van’ie Kaapse Vlaktes kweek" ‘n lees kultuur met kielie-lekke’ jokes.

   
   
 
 
Tuisblad / GATIEPIE ! || Resensies / Reviews | Teater / Theatre | Flieks / Movies
International Review / Resensie | English version / GATIEPIE !

Kopiereg 2012 © Gatiepie | Alle regte gereserveer

Ontwikkel en ontwerp deur Tulip Graphics